Suikerbossie paksaalrit 23 & 24 Nov 2019

Daar is baie druk op streekverteenwoordigers om ritte te reël. As mens elke keer dieselfde roete aanbied raak lede gou verveeld. So het Marius hierdie rondte baie moeite gedoen om ʼn paksaalrit aan te bied wat voldoen aan die behoefte van ʼn paksaalrit. Jy wil tog nie op ʼn grootpad in die karoo paksaal pak nie. Daarvoor het jy mos ʼn Hilux of ʼn Ford. Dankie aan Johan Bester en sy vriend Johan Bredenhand wat gehelp het om ʼn baie gepaste roete te recce voor die tyd.

Ek dink dit is gepas dat mens sonder ʼn ondersteuningsvoertuig oorslaap tydens ʼn paksaaltrip. Dit sit ʼn ander dimensie aan die rit. Ek verstaan die volgende paksaalrit is twee aande se uitslaap.

Toe ek Vrydagnamiddag op 22 November 2019 op Suikerbossie in die noordelike Koue Bokkeveld (of is ons nou al in die Cederberg?) aankom, wag Marius Olivier en Johan Bester en Johan Bredenhand my in. Die ritaanwysings was perfek aangebring sodat ek sonder twyfel maklik ons kampplek vind. Die Hanekom familie het ons baie hartlik ontvang en bederf met ʼn skadunet windskerm aan twee kante en leë vrugtekratte aan die ander twee kante om ons kookskerm te voltooi. Natgespuit binne met twee vars oopgesnyde braaidromme en ʼn hele wavrag Suikerboshout om seker te maak ons kan eers die verf reuk van die dromme afbrand en dan is daar nog genoeg hout oor vir ʼn hele paar braaie. Deon en Annatjie arriveer met hulle drie swart perde. Twee om op te ry en natuurlik die derde een om die paksaal te dra.

75521695_2894636320546938_2886963680774193152_n[1]

Hennie van Noordwyk en sy seun Wilhelm kom bietjie later aan met hul drie wit perde. Elsa moes ongelukkig haar wit arabier afgee as die rit se pakperd vir haar manne. Elzabe het haar wit perd se plek in ons horsebox ook afgestaan aan ʼn pakperd, maar het kom saambraai en oorslaap Vrydagaand. Die getal is nou vol vir die aand se aankoms. JD en Marizaan kom more oggend deur. Ons word bederf met die teenwoordigheid van Johnie en Karen Hanekom om ons kampvuur en daar word hegte vriendskappe gesmee. Kulu en Lenie van Zyl waar ons tydens die vorige rit oorgestaan het kom ook gesig wys.

Saterdagoggend breek aan en 10 ruiters en 4 gepakte perde is gereed om in die pad te val. Ons ry in die rigting van Sandfontein, klim geleidelik tot die tweespoorpad later opraak in die veld. Oral is murasies wat aandui dat daar lank gelede mense gewoon het. Die Kloof, Die Trap (waar die blou 1958 Chevrolet staan ), Ysterplaat en later stop ons vir oornag op Zuurvlak langs die groot dam. Daar is genoeg tyd oor om eers bietjie te ontspan. Later gaan ʼn paar dapper manne bietjie lyf natmaak. Alhoewel dit Novembermaand is, is dit koel so hoog in die berg en die water is koud.

IMG-20191128-WA0009

Hierdie is Jack Russel terrein want daar kry ons die ideale Jack Russel gat waarmee Johan Bester vir ons demonstreer hoe lyk ʼn Jack Russel vuurtjie. (Sien foto van Johan by sy vuurtjie.) Na ʼn baie lekker paksaal braai gaan ons almal vroeg inkruip. Hennie se perd gewaar elke nou en dan iets en gaan aan’t snorke deur die nag. Ons vermoed daar was dalk ʼn luiperd naby; of ʼn Jack Russel.

78690024_10218341081191680_4954769376126435328_n[1]

Na ontbyt Sondagoggend begin ons teen 7:30 weer opsaal. Teen 12pm is ons weer terug op Suikerbossie en die vuur word weer aangesteek. Na ʼn lekker rit is dit moeilik om sommer net uitmekaar te gaan. Nabetragting word gehou en die moontlike volgende paksaal roete word bespreek.

Baie dankie nogmaals aan almal betrokke by die reëlings en die eienaars van Suikerbossie wat ons so bederf het.

Perdegroete

Nic Esterhuyse

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s